Login to make your Collection, Create Playlists and Favourite Songs

Login / Register
Die Toekoms van Afrikaans, ‘n Eksistensiële Krisis en ‘n Verjaarsdagviering
Die Toekoms van Afrikaans, ‘n Eksistensiële Krisis en ‘n Verjaarsdagviering

Die Toekoms van Afrikaans, ‘n Eksistensiële Krisis en ‘n Verjaarsdagviering

01:26:42
Report
Afrikaans word 100 en Colene word… wyser! In hierdie feestelike, pittige én ernstige KLETS-episode vier ons 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal én Colene se verjaarsdag – alles op een slag! Maar moenie dink dis net koek en konfetti nie. Matthys en Colene sit om die tafel met Yolanda Barnard-Lemmer, joernalis, dosent in joernalistiek en een van die stemme wat nie bang is om eerlik oor Afrikaanse media, taal en identiteit te praat nie. Yolanda deel haar perspektief oor die stand van Afrikaanse joernalistiek, die uitdagings wat dit in ‘n digitale en polities gelaaide wêreld in die gesig staar, en haar eie “eksistensiële Afrikaner-krisis.” Is daar nog plek vir eerlike, vlymskerp Afrikaanse stories in ‘n wêreld van clickbait en partydigheid? Terwyl ons Afrikaans vier, wonder ons ook: waarheen is die taal op pad? Kan dit groei buite sy tradisionele grense, of is dit besig om stilletjies agteruit te boer? Yolanda bring ‘n kombinasie van kritiese nadenke en diep liefde vir die taal. Intussen channel Colene haar innerlike Meghan Markle op die vooraand van haar verjaarsdag. Ons kyk ook na die regering se poging om dit te “vat” met VAT wat toe nie heeltemal "gevat" het nie. Maar die effek van die regering se onbeholpenheid raak besigheid Suid-Afrika se sakke, maar gelukkig is die Suid-Afrikaner aangenaame mense – volgens ‘n onlangse studie. Ons sluit af en praat ons oor die winter wat voorlê, Colene deel ‘n paar warm idees van plekke om te besoek. Dis ‘n episode vol woorde, wysheid en warmte. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

Die Toekoms van Afrikaans, ‘n Eksistensiële Krisis en ‘n Verjaarsdagviering

View more comments
View All Notifications